Koorts is ‘n familienaam wat in Suid-Afrika
ontstaan het. Dit is afgelei van die stamvader
Johann Martin Kurz wat as soldaat in 1731
op die boot CASTRICUM vanaf Benneckenstein,
Duitsland na Suid-Afrika gekom het.
Kurz is ‘n van wat in die vroegste eeue eerste in
Switserland teëgekom is. Die familienaam kom algemeen
voor in die Duitssprekende lande. Dit is ook ‘n familienaam
wat redelik algemeen in Amerika en baie ander Westerse
en Europese lande voorkom. Dit het ook ’n Joodse
verbintenis. Dit beteken iemand wat kort van lengte
is en wat ontleen is van die Duitse woord “kurz” wat “kort”
beteken. Hy trou op 9 Desember 1736 met Jacoba Coetzee.
Johannes Marthinus, een van hulle vyf kinders, gedoop
op 4 Mei 1741, word die begin van hierdie spesifieke
Koorts stamboom in Suid-Afrika.
Destyds het die administratiewe amptenare die familie-
name opgeteken soos wat hulle die uitspraak daarvan
gehoor het deur die persone wat dit aangemeld het. Die
verandering van die van het destyds soos volg verloop:-
Kurz (1731) – Kurze (1741) – Koortze (1780) – Koortz (1820)
en in 1855 is dit as Koorts opgeteken. Koorts is dus ‘n eg
Suid-Afrikaanse familienaam en enige persoon gebore in
Suid-Afrika met hierdie familienaam kan net uit hierdie
stamboom afkomstig wees.
Die woord koorts beteken koors in Hollands, maar het
nie enige betekenis in Afrikaans nie. In Holland bestaan
daar ’n familienaam Koorts, maar dit het geen verband
met die Koorts familienaam wat in Suid Afrika uit die
Kurz familienaam onststaan het nie. Wat moontlik
‘n invloed gedurende dié tydperk in die verandering
van Kurz tot Koorts in die volksmond kon
gehad het, is die feit dat Hollands toe
die algemene spreektaal was.Kenmerke
van die
Familiewapen
Voorbeelde van
Kurz-familiewapens
is as riglyne gebruik
Daar bestaan dokumentêre
bewyse dat die eerste
Kurz-familienaam reeds
in 1248 opgeteken is.
Die Koorts-familienaam is van
Duitse oorsprong en daarom
verteenwoordig die Duitse
heraldiese arend hierdie aspek.
Die heraldiese arend dateer
uit die Romeinse tydperk en in
die vroeë Christendom is die
arend gesien as ‘n boodskapper
uit die hemel. Dit kom ook voor
in die Duitse landswapen.
Die luiperd kom voor op
van die Kurz-familiewapens
en is ook eg Suid-Afrikaans.
Dieselfde geld vir die volstruisvere.
Die aalwyn word opgeneem
in die familiwapen, omdat dit as ‘n
besonderse en unieke plant aan
Suid-Afrika gekoppel word.
Die simboliek van
die palmblare word ontleen
uit die stadswapen van
Benneckenstein in Duitsland,
vanwaar die stamvader na
Suid-Afrika gekom het.
Die kleurkombinasie is ‘n algemene
verteenwoordiging van die
Suid-Afrikaanse
vlagkleure.Simboliek
van die
Familiewapen
Vere
Bereidwillig/fluks
& gehoorsaamheid
Luiperd
Dapper, gehard
& krygsman
Palm
Regverdigheid,
vrede &
opstanding
Aalwyn
Gehard, diens,
oorlewing &
uithouvermoëBenneckenstein Duitsland
Prins Albert Suid-Afrika
Koorts
Familienaam